Meer oor ons

Hoë gehalte diens

Neem ‘n gewone huishouding met kinders, ouers, familie met drome, ideale en teleurstellings, siekte en dood en al die dinge wat elke dag met gewone mense gebeur,   vermenigvuldig dit met om en by twintig en jy kry ‘n idée van wat in ‘n dag en daarom ook in ‘n jaar se tyd by Brits Rusoord gebeur.

Hier is inderdaad ‘n wêreld in die kleine: “Kos word daagliks gemaak vir al die inwoners, daar is ‘n tuin wat versorg moet word en voertuie om te onderhou.  Hier is gloeilampe wat vervang moet word, geboue wat geverf moet word en instandhouding wat plaasvind.”

Brits Rusoord is ‘n tehuis vir bejaardes en is gestig in 1970.  Brits Rusoord verskaf beskostigbare verblyf en versorging aan bejaardes en is geleë te Kerkstraat 62A, Brits,  Noordwes.

Die tehuis bied verblyf aan 110 inwoners.  Daar is enkel en eenslaapkamer woonstelle vir die onafhanklike inwoners en 24 uur sorg vir die verswakte bejaardes.  Brits Rusoord spesialiseer in Alzheimer/Demensie versorging en bied aparte akkommodasie, privaat sit/eetkamer en privaattuin met 24 uur verpleegsorg.

Brits Rusoord se missie is om ten alle tye ‘n hoë gehalte diens te lewer. Verpleegsorg word aangebied met die filosofie dat voorkoming beter is as genesing.  Vriendelike, geduldige en respekvolle versorging, ‘n hoë higiëniese standaard en goed opgeleide personeel is ononderhandelbaar.

Elke inwoner kry persoonlike versorging.  Die inwoner se afhanklikheid word geëvalueer en toepaslike versorging word voorsien.  Die versorgingstariewe word ook in ooreenkoms met die evaluering bepaal.  Persoonlike versorging strek vanaf ondersteuning met roetine daaglikse aktiwiteite tot totale intensiewe sorg.

Inwoners word verteenwoordig deur die Inwonerskomitee wat maandeliks saam met die bestuur vergader om te sorg dat die inwoners se belange altyd prioriteit geniet.

Inwonerskomitee

Die gemiddelde ouderdom van ons inwoners is 82 jaar.

Ons fokus op die liggaam, siel en gees.  Om jeugdig, effektief en produktief en waardig te verouder is van kardinale belang.  Ons speel, werk en kuier daagliks saam in die Terapielokaal.  Die kreatiwiteitsafdeling gee vir die inwoners weer ‘n doel in die lewe, hulle is weer nodig, hulle werk vir ‘n doel en hul dag is gevul met aktiwiteite bv oefeninge, mosaiëk, lapverf, breiklub, kralewerk, naaldwerk en skilder.

Kom besoek ons gerus en word deel van ons familie!

Dienste wat ons lewer

  • Bussiediens dorp toe 1 keer per week
  • Tydelike na operasiesorg
  • Haarsalon.
  • Biblioteek
  • Gereelde Uitstappies.
  • Verjaarsdagpartytjies
  • Interkomstelsel.
  • Geestelike versorging ,Bybelstudie, geslotebaan televisie-uitsendings eredienste op Sondae ,begrafnisdienste en Nagmaaldienste.
  • Inwonerskomitee.
  • Snoepie 3 keer per week.
  • Konferensie fasiliteite
  • Platters vir funksies en begrafnisse
  • Sekuriteitbeampte 24 uur per dag en ingeskakel by reaksiemag.
  • Weeklikse neem van Bloeddruk.

Janine Muller

Hoof Verpleegkundige
Kontak >

Truidie v. Schalkwyk

Uitvoerende Direkteur
Kontak >

Hanlie Haarhof

Finansiele Bestuurder
Kontak >

Trudie Erasmus

Voedseldiens bestuurder
Kontak >

Engela Botha

Instandhoudings bestuurder
Kontak >